Netwerk24
grootste Afrikaanse digitale intekennuusdiens From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Netwerk24 is die grootste Afrikaanse digitale intekennuusdiens. Die huidige redakteur is Henriëtte Loubser. Netwerk24 se joernaliste werk digitaal-eerste, met die inhoud wat dan ook vloei na Media24 se dagblaaie Beeld, Die Burger en Volksblad.[1] Intekenare het ook digitale toegang tot die inhoud van die Sondagkoerant Rapport en tot die inhoud van voorste Afrikaanse tydskrifte, insluitend Huisgenoot, Sarie, Kuier, Tuis, Weg!/Ry&Sleep, Baba&Kleuter en die ATKV se Taalgenoot.
Daarbenewens bied Netwerk24 ’n verskeidenheid ander inhoud – van toegang tot al Kook en Geniet se resepte en ’n speletjiesaanbod wat daaglikse blokraaisels en sudoku's insluit, tot blitssepies wat spesiaal vir die webtuiste vervaardig is met bekende Afrikaanse akteurs in die rolverdeling, videodokkies, luisterboeke, podsendings, regstreekse videouitsendings van groot nuusgebeure, video-onderhoude met groot nuusmakers en meesterklasse oor als van wyn tot geestesgesondheid en fiksheid.
Remove ads
Redakteure
- Liesl Pretorius (1 Augustus 2014 - 31 Augustus 2015)[2][3][4][5]
- Adriaan Basson (September 2015 - 31 Maart 2016)[6]
- Jo van Eeden (1 April 2016 - 31 Mei 2017)[7][1]
- Henriëtte Loubser (1 Junie 2017 - nou)[1]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads