Nevada

From Wikipedia, the free encyclopedia

Nevada
Remove ads

Nevada (Engels: State of Nevada) is 'n deelstaat in die weste van die Verenigde State van Amerika. Dit is die 36ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Die hoofstad is Carson City en die grootste stad is Las Vegas.

Kitsfeite

Nevada het 'n oppervlakte van 286 367 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 2,7 miljoen. Nevada word in die noorde deur Oregon en Idaho, in die ooste deur Utah, in die suide deur Arizona en Kalifornië, en in die weste deur Kalifornië begrens. Dit het 'n droë klimaat weens sy geografiese ligging in die Mojave-woestyn. In die algemeen kry Nevada relatief min reënval.

Die berugte en geheime Area 51 lugmagbasis is in Nevada geleë.

Thumb
Virginia City
Thumb
Black Rock Desert
Thumb
Skadu's gooi in Black Rock Desert
Thumb
'n Vallei naby Pyramid Lake
Thumb
Yucca Mountain
Thumb
Hooverdam
Thumb
Lugaansig van die Hooverdam op die grens tussen Nevada en Arizona
Thumb
Landing in Las Vegas
Thumb
Panorama Towers - woonsteltorings in Las Vegas
Thumb
Parys in die woestyn
Thumb
Las Vegas: The Venetian Hotel met Dollarpaleis (kasino)
Thumb
Las Vegas: The Venetian Hotel
Thumb
Leaving Las Vegas

Nevada se byname is Silver State, Sagebrush State en Battle Born State. Wildeals - 'n hoogs aromtiese silwergrys kruidplant met geel bloeisels wat in Engels sagebrush genoem word - is Nevada se amptelike staatsplant. Wildeals-steppe beslaan sowat veertig persent van die deelstaat se oppervlakte. Indiane het wildeals as kleur- en brandstof, as medisinale plant en vir rituele doeleindes gebruik. As dit verbrand word, versprei dit 'n aangename reuk wat aan appelsider herinner.[1]


Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads