Nikaab
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
’n Nikaab (Arabies: نقاب|نِقاب) is ’n stuk lap wat ’n vrou se gesig bedek as deel van die hidjab. Dit word deur sommige Moslemvroue in die openbaar gedra en voor mans wat nie deel van hul onmiddellike familie is nie. Dit is algemeen in lande soos Saoedi-Arabië, Jemen, Oman en die Verenigde Arabiese Emirate.

Vanweë die groot verskeidenheid hidjab wat in die Moslemwêreld gedra word, is dit soms moeilik om tussen die soorte sluiers te onderskei. Die terme nikaab en boerka word dikwels met mekaar verwar. ’n Nikaab bedek die gesig, terwyl ’n boerka die hele lyf van die bopunt van die kop af bedek.
Remove ads
Sien ook
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nikaab.
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
