Moslem
aanhanger van die Islam-geloof From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
'n Moslem of Moesliem (Arabies: مُسلِم) is 'n aanhanger van die Islam-geloof. Die aanduiding kom van die Arabiese woord 'muslim' (مسلم), wat 'iemand wat homself oorgee (aan Allah)' beteken. Die wêreld tel 1,62 miljard Moslems (2009), oftewel 23 persent van die wêreldbevolking en daarmee die tweede belangrikste religie ná die Christendom.[29][30] 80 tot 90 persent van die Moslems is Soenniete en 10 tot 20 persent Sjiïete. Die Islam is die belangrikste religie in die Midde-Ooste, in die Sahel, aan die Horing van Afrika en in Noord-Afrika.[31][32][33][34] Afrika is die enigste kontinent met 'n Moslemse meerderheid (52,39%).[35] China, die Balkan en Rusland het ook groot persentasies aan Moslembevolking.[31][36] In Wes-Europa is die Islam die tweede belangrikste godsdiens ná die Christendom met 6 % van die totale bevolking.

Die grootste Moslemland is Indonesië met 12,7 %, gevolg deur Pakistan (11,0 %), Indië (10,9 %) en Bangladesj (9,2 %).[31][37] Sowat 20 % van alle Moslems woon in Arabiese lande.[38] In die Midde-Ooste is Turkye en Iran die twee nie-Arabiese lande met die grootste Moslembevolking en in Afrika is Egipte en Nigerië die twee lande met die hoogste Moslembevolking.[31][37]
Remove ads
Bevolkingstatistiek

Remove ads
Verwysings
Bron
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads