Nokia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Nokia Oyj (Fins; Sweeds: Nokia Abp) is 'n multinasionale kommunikasie- en inligtingstegnologie-onderneming wat sy hoofkwartier in Espoo, Uusimaa in die metropolitaanse gebied van die Finse hoofstad Helsinki het.
Voordat Nokia sy selfoonafdeling op 25 April 2014 aan die Amerikaanse sagtewarereus Microsoft verkoop het, was die onderneming een van die voorste vervaardigers van sel- en slimfone en tussen 1998 en 2011 selfs die wêreldmarkleier in dié bedryf.[1] In 2012 is dit deur Samsung verbygesteek.
In 2013 het Nokia sowat 90 000 werknemers in 120 lande in diens gehad (dié getal het laat in 2013 tot sowat 55 000 gedaal). Die onderneming het sy produkte in meer as 150 lande bemark en 'n algehele omset van €12,7 miljard behaal. Nokia is 'n publieke maatskappy met beperkte aanspreeklikheid waarvan die aandele op die effektebeurse in Helsinki en New York genoteer word. Dit word volgens sy bedryfsinkomste 392ste gelys op Fortune Global 500 se grootste internasionale ondernemings in 2014.[2]
Nokia het twee bekende dogtermaatskappye - Nokia Networks, wat telekommunikasie- en netwerktoerusting en -dienste aanbied, en HERE, wat gratis toegang tot digitale navigasie- en kaartdienste op die internet bied. In Augustus 2015 het Nokia die HERE-kaartdiensafdeling vir €2,8 miljard aan drie Duitse motorvervaardigers - Daimler, Audi en BMW - verkoop.[3]
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads