Oosterse korthaarkat
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Oosterse korthaarkat (Engels: Oriental Shorthair) is ’n katras wat die lyf van die Siamese kat kombineer met ’n verskeidenheid van kleure en patrone.
Remove ads
Geskiedenis

Oosterse korthaarkatte is ’n uiteenlopende ras met sy oorsprong in die Siamese kat, wat in die laaste helfte van die 1800's van Thailand na Brittanje ingevoer is. Volgens verslae is kleurpuntkatte en dié met effekleure ingevoer. Toe met die teling van die katte begin is, is die kleurpuntkatte Siamese genoem en die effekleurige katte Oosterse korthaarkatte.
Die katte is eers in 1977 deur die Amerikaanse Cat Fanciers' Association vir kompetisies aanvaar. In 1985 het die vereniging die tweekleurige Oosterse korthaarkat erken.
Remove ads
Beskrywing
Die Oosterse korthaarkat is ’n lid van die Siamese familie. Hulle kan enige kleur wees, onder meer wit, rooi, sjokoladebruin, room, rookkleure, getint, blou, laventel of kaneel; tweekleurig, gestreep, met kolle of met ’n van-patroon.[1] Meer as 300 kleure en patroonkombinasies is moontlik. Die katte het nes Siamese katte amandelvormige oë en ’n wigvormige kop met groot ore. Hul lywe is elegant, maar gespierd en die sterte is lank en loop dunner na die einde.[1] Die langhaarweergawe lyk dieselfde, maar het die resessiewe geen vir lang hare.
Die Oosterse korthaarkat is intelligent en sosiaal en vorm sterk bande met mense. Hulle is nuuskierig, vriendelik, emosioneel en veeleisend en miaau baie. Hulle kan baie hard spin as hulle gelukkig is.
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads