Lys van openbare vakansiedae in Suid-Afrika

Wikimedia lysartikel From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Hierdie is 'n lys van openbare vakansiedae in Suid-Afrika:

Tans

Die openbare vakansiedae wat tans in Suid-Afrika gevier word is as volg:

Datum Afrikaanse Naam
1 Januarie Nuwejaarsdag
21 Maart Menseregtedag
Die Vrydag voor Paasfees Goeie Vrydag
Die Maandag na Paasfees Gesinsdag
27 April Vryheidsdag
1 Mei Werkersdag
16 Junie Jeugdag
9 Augustus Nasionale Vrouedag
24 September Erfenisdag
16 Desember Versoeningsdag
25 Desember Kersdag
26 Desember Welwillendheidsdag
Remove ads

Eenmalige vakansiedae

Sedert 1994 word alle verkiesingsdae tot vakansie geproklameer.

31 Desember 1999 en 2 Januarie 2000 was tot vakansiedae verklaar om die sogenaamde "Y2K" oorskakeling te akkommodeer. 3 Januarie was derhalwe outomaties ook 'n vakansiedag omdat die vorige vakansiedag 'n Sondag was.[1]

2 Mei 2008 was tot vakansiedag verklaar toe Menseregtedag en Goeie Vrydag albei op 21 Maart 2008 plaasgevind het.[2]

Remove ads

Afgeskaf

Vakansiedae wat afgeskaf is:[3]

Datum Afrikaanse Naam
6 April Stigtingsdag (vroeër Van Riebeeckdag)
Verskillende dae Hemelvaartsdag
31 Mei Republiekdag
10 Oktober Krugerdag (ook Heldedag genoem)
16 Desember Geloftedag (ook Dingaansdag genoem)

Lees ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads