16 Junie
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
16 Junie is die 167ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (168ste in skrikkeljare). Daar volg nog 198 dae in die res van die jaar.
<< | Junie 2025 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
Gebeure
- 106 – Pous Primus van Alexandrië volg Kedron as Patriarg van die Kerk in Alexandrië op.
- 1081 – Duitse biskoppe kies Clemens III as teenpous op die sinode van Brixen.
- 1451 – Pietro Barbo (later Pous Paulus II) word as kardinaal-priester van San Marco in Rome aangestel deur Pous Nicolaas V.
- 1721 – Pous Innocentius XIII stel Bernardo Maria Conti, O.S.B.Cas., voormalige biskop van Terracina aan as kardinaal.
- 1737 – Pous Clemens XII verklaar Catherine van Genua (Caterina Fieschi Adorno), Jean-François Régis, Giuliana Falconieri en Vincent de Paul heilig.
- 1814 – Francesco Saverio Castiglioni (later Pous Pius VIII) keer terug na Montalto na sy gevangeskap deur die Franse.
- 1846 – Pous Pius IX volg Pous Gregorius XVI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1896 – Die Drummond Castle vergaan aan die Franse kus.
- 1900 – Proklamasie van die Verskroeideaardebeleid deur Lord Roberts.
- 1903 – Die Ford Motormaatskappy word gestig.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Estland word deur die Sowjetunie beset.
- 1976 – Oproer in Soweto oor die gebruik van Afrikaans in swart skole.
- 2020 – Skermutselings tussen Indiese en Chinese magte in Ladakh lei tot die dood van 20 Indiese soldate (waaronder 'n offisier) in die betwiste grensgebied tussen die twee lande.
Remove ads
Geboortes
- 1723 – Adam Smith, Skotse filosoof en ekonoom († 1790).
- 1826 – Constantin von Ettingshausen, Oostenrykse geoloog en plantkundige († 1897).
- 1872 – William Joseph Baerentzen, luitenant van die Skandinawiese Korps tydens die Tweede Vryheidsoorlog († 1958).
- 1875 – Philippus Christoffel Snyman, Afrikaanse gereformeerde professor in die teologie te Steynsburg († 1915).
- 1875 – Stan Laurel, Engelse akteur en skrywer, bekend vir sy The Laurel and Hardy Show († 1965).
- 1901 [O.S. 5 Junie] – Anastasia Nikolajewna van Rusland († 1918).
- 1907 – Jack Albertson, Amerikaanse akteur († 1981).
- 1920 – José López Portillo, 31ste President van Meksiko († 2004).
- 1924 – Faith Domergue, Amerikaanse aktrise († 1999).
- 1932 – Santie Grosskopf, Afrikaanse skryfster.
- 1934 – Eileen Atkins, Engelse aktrise en draaiboekskrywer.
- 1939 – Philip de Vos, operasanger, fotograaf, digter en skrywer van kinder- en jeugverhale.
- 1946 – Mark Ritts, Amerikaanse akteur, poppespeler en vervaardiger († 2009).
- 1953 – Valerie Mahaffey, Amerikaanse aktrise.
- 1955 – Laurie Metcalf, Amerikaanse aktrise.
- 1962 – Arnold Vosloo, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1964 – Danny Burstein, Amerikaanse akteur en sanger.
- 1965 – Mark Lawrence, Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter.
- 1966 – Jan Železný, Tsjeggiese spiesgooi-atleet.
- 1970 – Clifton Collins Jr., Amerikaanse akteur.
- 1970 – Phil Mickelson, Amerikaanse beroepsgholfspeler.
- 1971 – Tupac Shakur, Amerikaanse rapper, in Las Vegas doodgeskiet († 1996).
- 1973 – Eddie Cibrian, Amerikaanse akteur.
- 1978 – Daniel Brühl, Spaans-Duitse akteur.
- 1981 – Zane Kirchner, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en Springbokheelagter.
- 1982 – Missy Peregrym, Kanadese model en aktrise.
- 1987 – Diana DeGarmo, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en aktrise.
- 1991 – Siya Kolisi, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en 61ste Springbokkaptein.
- 1993 – Park Bo-gum, Koreaanse akteur.
Remove ads
Sterftes
- 1671 – Stenka Razin, ’n Kosakleier wat ’n groot opstand teen die adel en die tsaristiese burokrasie in Suid-Rusland gelei het (* 1630).
- 1752 – Joseph Butler, Engelse biskop en filosoof (* 1692).
- 1778 – Konrad Ekhof, Duitse akteur en regisseur (* 1720).
- 1932 – Frederik van Eeden, Nederlandse skrywer, digter en psigiater. (* 1860).
- 1958 – Imre Nagy, Hongaarse politikus, 3de eerste minister van Hongarye (* 1895).
- 1959 – George Reeves, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1914).
- 1976 – Hastings Ndlovu, eerste persoon wat tydens die Soweto-opstand geskiet is (* 1961).
- 1976 – Hector Pieterson en vele ander jeugdiges tydens die Soweto-opstand (* 1964).
- 1977 – Wernher von Braun, Duits-Amerikaanse vuurpylingenieur (* 1912).
- 2004 – Thanom Kittikachorn, militêre diktator van Thailand, 10de eerste minister van Thailand (* 1911).
- 2012 – Susan Tyrrell, Amerikaanse aktrise (* 1945).
- 2016 – Charles Thompson, Amerikaanse jazzmusikant en -komponis. (* 1918).
- 2017 – Helmut Kohl, Duitse politikus en kanselier (1982–1998) (* 1930).
- 2018 – Syd Nomis, Springbokrugbyspeler (* 1941).
- 2018 – Cecile Cilliers, Suid-Afrikaanse joernalis en skryfster (* 1933).
- 2021 – Jabu Mabuza, Suid-Afrikaanse sakeman en belegger, Eskom-hoof (* 1958).
- 2024 – Jan Breytenbach, Suid-Afrikaanse beroepsoldaat, stigter van 32-Bataljon sowel as 44 Valskermbrigade (* 1932).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Jeugdag in Suid-Afrika
- Bloom-dag in Ierland
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 16 June. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads