Orontes
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Orontes (van die Griekse Ὀρόντης, Oróntēs) of Asi (Arabies: العاصي, al-‘Āṣī) is 'n rivier van 571 km in Wes-Asië. Dit begin in Libanon, vloei noordwaarts deur Sirië en vloei dan naby Samandağ in Turkye in die Middellandse See.[1]

As die belangrikste rivier in die Noord-Levant was die Orontes die terrein van verskeie groot veldslae. Een van die belangrikste stede aan die rivier is Antakya (die antieke Antiogië, wat ook bekend was as "Antiogië aan die Orontes").
Remove ads
Hoofbron
Ain ez Zarqa (ook gespel Ayn ez Zarqa of Ain-el-Zerqa) is 'n natuurlike karstfontein suid van Hermel in die Beqaa-provinsie, in sentraal-Libanon geleë. Dit produseer gemiddeld 3 435 liter per sekonde en is die hoofbron van die Orontesrivier. As gevolg van sy swaar vloei word dit gekenmerk as 'n eerste-grootte fontein.[2][3][4]
Dit sit onder die grotte by Deir Mar Maroun, 'n antieke klooster wat uitgekap is in die kranse wat die bron omring. Smeltende sneeu vanaf hierdie nabygeleë hoogtes vul die fontein se groot natuurlike grondwaterreservoir aan. Daar word beraam dat die fontein se reservoir soveel as 10 miljard kubieke meter berging bevat. Gevolglik is sy vloei minder deur oorpomping en droogte beïnvloed as ander fonteine in die Orontes-rivierkom.[5][6]
Remove ads
Verwysings
Skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
