Oswald Mtshali

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Oswald Mbuyiseni Mtshali (gebore 17 Januarie 1940) is 'n Suid-Afrikaanse digter. Hy skryf in Zoeloe en Engels. Hy het aan die Universiteit van Columbia studeer en woon tans in Soweto.

Kitsfeite Gebore, Nasionaliteit ...

Mtshali was 'n bode in Soweto voordat hy sy eerste boek, Sounds of a Cowhide Drum (1971), gepubliseer het. Die bundel is in 1974 met die Olive Schreiner-prys vereer. Dit is een van die eerste digbundels deur 'n swart digter wat wyd versprei is, en het heelwat debat onder liberale witmense in Suid-Afrika ontketen. Die boek was 'n kommersiële sukses vir sy uitgewer, Lionel Abrahams.[1]

Ná sy sukses as 'n digter het Mtshali 'n opvoeder geword. Hy was die onderhoof van Pace College, 'n kommersiële skool in Soweto. Hy het ook aan die New York City College of Technology gedoseer.[2]

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads