Outjo

From Wikipedia, the free encyclopedia

Outjomap
Remove ads

Outjo (Herero: klein koppe) is 'n dorp met 6 000 inwoners in die Kunene-distrik van Namibië. Dit is die setel van die Outjo-kiesafdeling in die distrik. Die dorp is bekend as 'n belangrike poort na die Nasionale Etoshawildtuin.[1]

Thumb
Die Gereformeerde kerk Outjo. Dié gemeente was die eerste Afrikaanse kerk op die dorp.
Kitsfeite Land, Streek ...

Outjo is in 1897 deur die Duitsers onder bevel van kol. Theodor von Leutwein as 'n militêre basis gestig. Die doel hieragter was om die noordelike gebied van Duitswes-Afrika verder te verken. Die plaaslike historiese museum (Franke Haus Museum) dokumenteer die veldtog van majoor Victor Franke deur Ovamboland.

Die "Impalila-monument" gedenk die strafekspedisie van majoor Victor Franke in Oktober 1914 teen die Portugese fort van Impalila in Angola.[2] Dit volg nadat 'n Duitse afvaardiging wat gestuur is om 'n verdrag van nie-aggressie te onderhandel vermoor is.

Die dorp lê naby die Gamkarab-grot, wat bekend is vir sy stalaktiete, stalagmiete en sy pietersiet (stormsteen). Die grotte is op privaatgrond en dus nie oop vir die publiek nie.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads