Paul Rodenko

Nederlandse digter, kritikus, en vertaler From Wikipedia, the free encyclopedia

Paul Rodenko
Remove ads

Paul Thomas Basilius Rodenko (26 November 1920, Den Haag - 9 Junie 1976, Warnsveld) was 'n belangrike Nederlandse digter, kritikus, essayis en vertaler. Hy was die seun van 'n Russiese vader en 'n Engelse moeder,[1] en die broer van die skryfster Olga Rodenko.

Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Remove ads

Betekenis

Thumb
Graf van Paul Rodenko en sy vrou Jettie Rodenko-Schaper

Tydens die oorlog werk hy mee aan die onwettige tydskrifte Maecenas (Den Haag) en Parade der Profeten (Utrecht). Sy poëtiese debuut maak hy in 1947 met sy vertaling van Dvenatsat (De twaalf) deur die Rus Alexander Blok. Danksy sy essays en bloemlesings oor die eksperimentele poësie in Nederland het 'n klimaat ontstaan waarin die vernuwende Beweging van Vijftig in die Nederlandse poësie in breërwordende kringe aanvaar is. Rodenko, wat onmiddellik na die oorlog in Parys gewoon het, waar hy hom intensief met die surrealisme en die eksistensialisme besig gehou het, was reeds voor die toetrede van die Vijftigers bewus van die gevolge van die Tweede Wêreldoorlog op die letterkunde. Sy essays getuig van 'n buitengewone erudisie; danksy sy veelsydige leeswerk en onafhanklike verwerking van Europese poësie in die algemeen, kon hy die innovasies in die Nederlandse poësie in die vyftigerjare moeiteloos in 'n breër Europese konteks plaas. Sy nadenke oor onder andere Gerrit Achterberg en Hans Lodeizen het baie bekend geword. Sy gedigte, wat in 1975 gebundel is onder die titel Orensnijder tulpensnijder is ook van besondere intensiteit. Hy het ook vertalings gemaak uit Russies, Frans, Duits en Engels.

Rodenko is saam met sy vrou Jettie Rodenko-Schaper begrawe in die Ooster-begraafplaas in Zutphen. Hulle het 'n seun en dogter gehad.

Die Poolse digter, vertaler en akademikus Jerzy Koch het ook van sy werk vertaal.

Remove ads

Werk (keur)

  • De twaalf (Amsterdam, 1947; vertaling van Alexander Blok se Dvenatsat)
  • Gedichten, Poëziereeks De Windroos, Amsterdam (1951)
  • Tussen de regels, wandelen en spoorzoeken in de moderne poëzie. Den Haag/Antwerpen (1951)
  • Vrijmoedige liefdesverhalen: naar verhalen uit Duizend-en-een-nacht. (5 dele) (1955-1959)
  • Gedoemde dichters, Den Haag (1957)
  • De sprong van Münchhausen, Den Haag (1959)
  • Stilte, woedende trompet, Den Haag (1959)
  • Dichters van deze tijd, Amsterdam (1960)
  • Orensnijder tulpensnijder. Verzamelde gedichten, Amsterdam (1975)
  • Op het twijgje der indigestie, Amsterdam (1976)
  • Verzamelde essays en kritieken, in 4 delen. Versorg deur Koen Hilberdink. Amsterdam (1991-1992)
  • In die reeks Ooievaar Pockets het 12 dele uit sy pen verskyn
Remove ads

Straatname

In Zutphen (in die wyk van Leesten) en in Amstelveen is 'n laan na hom vernoem. In Dongen en Utrecht (in die wyk De Woerd) is ook strate wat na hom vernoem is.

Eksterne skakels

Verwysings

Bronne

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads