Paul Roos

From Wikipedia, the free encyclopedia

Paul Roos
Remove ads

Paul Roos (30 Oktober 1880, Rust-en-Vrede (Stellenbosch-distrik) – 22 September 1948, Stellenbosch), wat ook as Oom Polla bekend gestaan het, was die eerste Springbokrugbykaptein wat die eerste Suid-Afrikaanse rugbytoerspan na Brittanje in 1906 gelei het. Hy was Suid-Afrika se negende Springbokkaptein. Hy was ook ’n onderwyser en politikus.

Kitsfeite Volle naam, Bynaam ...
Thumb
Paul Roos
Remove ads

Vroeë lewe

Roos het sy skooljare aan die plaasskooltjie op Scholtzenhof begin en daarna ’n jaar lank M.J. Stucki se skool by Blouvlei, Wellington besoek waar hy bevriend geraak het met Oubaas Markötter. Hier het hy die eerste keer met rugby kennis gemaak. Hy het hierna ’n leerling aan die Stellenbosse Gymnasium (later die Hoër Jongenskool) geword en einde 1902 die B.A.-graad aan die Victoria-kollege voltooi.

Remove ads

Rugbyloopbaan

Rugby, sy eerste liefde, het vanaf sy skooljare ’n steeds groter plek in sy lewe ingeneem. Tiperend is die feit dat hy van Rustenburg af waar hy in 1903 sy onderwysloopbaan begin het, per fiets na Pretoria gery het om rugby te gaan speel. Ses maande later het hy onderwyser aan die Hoër Jongenskool, Stellenbosch geword.

In 1903 het Roos die eerste keer vir die Westelike Provinsie in die Curriebekertoernooi gespeel en is in dieselfde jaar ook gekies om Suid-Afrika in die derde toets teen die besoekende span van die Britse Eilande op Nuweland te verteenwoordig. As voorspeler het hy veral met sy skrumwerk beïndruk.

Dit was op die toer in 1906 dat die naam Springbokke vir die eerste keer vir die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan gebruik is. Die toerbestuurder, amptenare en Paul Roos het op die naam besluit om die Britse pers te verhoed om hulle eie bynaam vir die span te gee. Roos het koerante aangesê om die span 'De Springbokken' te noem. Die Londense Daily Mail het daarna 'n artikel geplaas waarin na die Springboks verwys is. Die span het daarna baadjies gedra met 'n springbok-embleem op die linkerborssak. Die besoek het gehelp om die wonde van die Tweede Vryheidsoorlog te heel en het 'n sin van nasionale trots onder die blanke bevolking van Suid-Afrika begin kweek.

In 1910 het hy die rektor van die Stellenbosch Boys' High School geword waar hy tevore 'n leerling en onderwyser was. Hy het die pos vir dertig jaar beklee en het in 1940 afgetree. In 1941 is die naam van die skool tot sy eer verander na die Paul Roos Gimnasium.

Roos wen in die algemene verkiesing op 26 Mei 1948 die kiesafdeling Stellenbosch met 'n meerderheid van 2 014 stemme bo die Verenigde Party se H. Scholtz, maar dien skaars vier maande as Volksraadslid tot aan sy dood in September daardie jaar. Sy seun Gideon Roos (1909–1999) was direkteur-generaal van die SAUK van 1948 tot 1961.

Thumb
Die Springbokke van 1906.
Thumb
Die Victoria-kollege se eerste span van 1902. Paul Roos sit tweede van links in die middelste ry. Regs in die voorste ry sit Tobie Muller.
Remove ads

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Paddy Carolin
Springbokkaptein
1903–1906
Opgevolg deur
Duggie Morkel
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads