Universiteit Stellenbosch

universiteit in Suid Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Universiteit Stellenbosch
Remove ads

Die Universiteit Stellenbosch (US) is 'n Suid-Afrikaanse universiteit, geleë in die Boland streek van die Wes-Kaap.

Kitsfeite Leuse:, Leuse in Afrikaans: ...
Thumb
J.H. Neethlinggebou
Thumb
J.S. Gericke Biblioteek
Thumb
Konservatorium

Die instelling is in 1865 gestig as Openbare Skool, maar is in 1866 herdoop as die Stellenbossche Gymnasium. In 1874 kom die sogenaamde Arts Department van die Stellenbosch Gymnasium tot stand met 'n leerlingtal van 120, en word amptelik as Kollege verklaar in 1881.

Danksy 'n ruim skenking deur mnr Jan Marais van Coetzenburg, wat in sy testament £100 000 vir hoër onderwys op Stellenbosch nagelaat het, kon die inrigting onafhanklike status as universiteitsinrigting verkry. Die Universiteitswet is in 1916 deur die Unie-parlement aangeneem. Op 2 April 1918 het hierdie wet in werking getree en is die Victoria Kollege deur die Universiteit van Stellenbosch vervang. Die totale getal ingeskrewe studente aan die Kollege in die jaar voor sy verhoging tot Universiteit, het 503 beloop. In dieselfde jaar het die doserende personeel uit 40 lede bestaan, van wie 22 professore en 18 lektore was.

Namate nuwe behoeftes in verband met die opleiding van studente ontstaan het, is daar aan die Universiteit van Stellenbosch nuwe fakulteite en afdelings gestig; vandag beskik die universiteit oor tien fakulteite. Duisende mense het al op Stellenbosch gestudeer en uitgegaan om 'n waardevolle bydrae in die praktyk te lewer. Op talle terreine van die samelewing speel oudstudente van Stellenbosch 'n belangrike rol. Sonder hulle sou Suid-Afrika vandag baie armer gewees het. Vandag word die Universiteit gereken onder die voorste universiteite in die suidelike halfrond en blink dit uit op die terrein van die onderrig, navorsing en gemeenskapsdiens.

Remove ads

Wapens

Die Victoria College het Stellenbosch se destydse munisipale wapen gebruik, met die bykomende wapenspreuk "Pectora roborant culturis recti". Op die vooraand van universiteitswording in 1918 is 'n nuwe wapen in gebruik geneem.[4] Dit is in 1939 by die Departement van Binnelandse Sake geregistreer.[5] Die wapen kan soos volg geblasoneer word : Gevierendeel, I en IV in goud drie rooi torings; II in blou die kop van Minerva in silwer; III in blou drie gestingelde en geblaarde silwer akkers; op 'n swart binneskild 'n ope boek van silwer. Die helmteken is 'n hand wat 'n brandende fakkel vashou. Die bestaande wapenspreuk is behou.

Remove ads

Bekende oudstudente

US-studente staan bekend as Maties.

Fakulteite

  • Agriwetenskappe
  • Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
  • Fakulteit Gesondheidswetenskappe
  • Fakulteit Ingenieurswese
  • Krygskunde
  • Lettere en Sosiale Wetenskappe
  • Natuurwetenskappe
  • Opvoedkunde
  • Regsgeleerdheid
  • Teologie

Koshuise

Manskoshuise

  • Dagbreek
  • Eendrag
  • Helderberg
  • Helshoogte
  • Huis Marais
  • Huis Visser
  • Majuba
  • Simonsberg
  • Wilgenhof

Wilgenhof is die oudste universiteitskoshuis in Afrika en is in 1913 geopen

Dameskoshuise

  • Erica
  • Harmonie
  • Heemstede
  • Huis Ten Bosch
  • Huis Francie van Zijl
  • Irene
  • Lydia
  • Minerva
  • Monica
  • Nemesia
  • Nerina
  • Serruria
  • Sonop

Gemengde Koshuise

  • Academia
  • Concordia
  • Goldfields
  • Hippokrates
  • Kerkenberg
  • Metanoia
  • Meerhoff

Mans PSO's

  • Pieke
  • Libertas
  • Oude Molen
  • Vesta

Dames PSO's

  • Aristea
  • Equité
  • Silene
  • Venustia

Gemengde PSO's

  • Aurora
  • Osler
  • Olympus

Studentegemeenskappe (klusters) Koshuise en Privaat Studente Organisasies (PSO’s) word in klusters gegroepeer om studentegemeenskappe te vorm. Vir elke kluster word ’n fasiliteit opgerig wat as ’n naaf (hub) bekend staan. Twee klusterfasiliteite is reeds opgerig, naamlik amaMaties en Wimbledon. Hier kan dagstudente, net soos koshuisstudente, etes koop, aan mentorgroepe deelneem en tyd tussen klasse by ’n goed toegeruste plek met internettoegang deurbring.[6]

Klusters op die Stellenbosch-kampus

  • amaMaties
  • Rubix
  • Validus
  • VicMeyr
  • Victoria
  • Wimbledon

Kluster op die Tygerberg-kampus

  • Tygerberg
Remove ads

Hoofde

[7]

Meer inligting Rektor, Periode ...
Meer inligting Kanselier, Periode ...
Remove ads

Omstredenheid

Afrikaans as voertaal

In 2015 het 'n bestuurspan onder leiding van Wim de Villiers beslis dat "alle onderrig aan die Universiteit Stellenbosch in Engels gefassiliteer sal word" en dat "aansienlike akademiese ondersteuning volgens studente se behoeftes in ander Suid-Afrikaanse tale beskikbaar gestel sal word".[8] In 2017 word die Universiteit se Taalbeleid, wat in 2016 hersien is, toegepas. Die hersiene beleid stel Engels as onderrigtaal op dieselfde vlak as Afrikaans en het hewige polemiek ontlok. Die US bied steeds onderrig in Afrikaans aan.[9] Die Grondwetlike Hof se beslissing in Gelyke Kanse en Andere v Voorsitter van die Senaat van die Universiteit van Stellenbosch en Andere (gelewer op 10 Oktober 2019) het egter Afrikaans se toekoms as voer- en kultuurtaal aan dié staatsinstelling die nekslag toegedien.[10]

Persgesig-insident

Twee damesstudente het hulself in 2016 gegrimeer om soos ruimtewesens te lyk. Die US-bestuur het op grond van foto’s geoordeel dat hulle hulle gesigte swart gesmeer het. Die twee dames is daarna uit 'n US-koshuis geskors. Die gebeure staan as die persgesig-insident of swartgesig-herrie bekend, waar dit skynbaar onverskoonbaar vir wit mense is om hulle soos swart mense te vermom.[11]

'n Soortgelyke foto het in 2014 opslae gemaak toe twee US-studente hul gesigte swart gesmeer het om soos die tennis-susters Venus en Serena Williams te lyk. Die universiteit het destyds besluit om nie dissiplinêr op te tree nie, maar eerder die voorval vir “versoening” aan te wend.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads