Pavee

From Wikipedia, the free encyclopedia

Pavee
Remove ads

Pavee of Irish Travellers (Iers: an lucht siúil), in Engels soms ook Gypsies genoem (alhoewel hulle nie met Roma verwar moet word nie, 'n etniese minderheidsgroep van Indiese afkoms in Europa), is 'n etniese groep van Ierse afkoms wat deur 'n tradisionele nomadiese leefstyl, eie tradisies en 'n eie etniese identiteit gekenmerk word.

Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...

Alhoewel die meeste Pavee Engelssprekend is, praat 'n minderheid ook Shelta, 'n mengtaal wat op Engels baseer, maar ook baie Iers-Keltiese komponente bevat. Kleiner groepe Pavee het hulle buite Ierland, hul land van oorsprong, gevestig, veral in die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State. Die getal Pavee in die VSA word op sowat 10 000 beraam, waarvan 2 500 in een nedersetting, Murphy Village in die deelstaat Suid-Carolina, saamgetrek is. Hulle is nasate van Ierse immigrante wat hulle hoofsaaklik in die tydperk tussen 1845 en 1860 tydens die Groot Ierse Hongersnood in Noord-Amerika gevestig het.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads