Penne
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Penne is ’n soort pasta met ’n ronde, hol vorm. Penne is die meervoud van die Italiaanse woord penna ("slagpen" of "pen").

Remove ads
Beskrywing
In Italië word twee soorte penne vervaardig: penne lisce (glad) en penne rigate (met riwwe). Pennoni is ’n groter weergawe.[1]
Penne word tradisioneel al dente gekook en saam met ’n sous soos pesto, marinara of arrabbiata voorgesit. Dit is baie gewild in pastaslaaie. Penne is ’n veelsydige pasta vanweë die praktiese ontwerp daarvan; die holtes en riwwe laat sous daaraan vasklou, terwyl die skuins eindpunte ook help om die sous op te skep.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
