Groep (periodieke tabel)

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die elemente van die periodieke tabel kan in 'n aantal groepe verdeel word op grond van die chemiese eienskappe wat hulle in gemeen het. 'n Groep is dus niks meer as 'n versamelnaam vir 'n aantal elemente nie. Die meeste van hierdie groepe stem ooreen met die kolomme in die tabel. In die moderne tabel word gewoonlik 18 van hierdie kolomgroepe onderskei. Van die groepe het hul eie name soos die halogene van groep 17.

Meer inligting Groepe ...

Maar daar bestaan ook ander groepe. Die platinumgroep beslaan byvoorbeeld 3 kolomme en die (horisontale) lantaniede en aktiniede word dikwels as deel van die skandiumgroep gereken. Die grootste groep, die oorgangsmetale, kan verder in subgroepe onderverdeel word.

Dikwels word 'n groep vernoem na die eerste element daarin, soos die boorgroep. Ander groepe het dikwels om geskiedkundige redes 'n ander naam, soos die edelgasse.

Remove ads

Homoloë

'n Element in 'n kolom word 'n homoloog van die ander elemente in dieselfde kolom genoem en hierdie term word ook vir hulle verbindings gebruik. Byvoorbeeld swawelsuur H2SO4 en seleensuur H2SeO4 is homoloë. Die eieskappe van [homoloë verbindings is dikwels baie vergelykbaar. Swawelsuur en seleensuur is altwee sterke sure. 'n Reeks soos H2O, H2S, H2Se, H2Te - met groep 16 se elemente- word 'n homoloë reeks genoem.

Remove ads

Ander groeperings

Andere groeperinge binne die periodieke tabel is:

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads