Peter Fechter

From Wikipedia, the free encyclopedia

Peter Fechter
Remove ads

Peter Fechter was 'n 18-jarige vlugteling wat deur Oos-Duitse grenswagte geskiet is terwyl hy oor die Berlynse Muur na Wes-Berlyn probeer ontsnap het.

Kitsfeite Gebore, Sterf ...

Fechter is op 14 Januarie 1944 in Oos-Berlyn gebore en werk later in die boubedryf. Op 17 Augustus 1962, skaars 'n jaar na die bou van die muur, probeer hy en 'n kollega, Helmut Kulbeik na die weste vlug. Kulbeik het Wes-Berlyn ongedeerd bereik, maar Fechter het dit nie gemaak nie.

Thumb
Gedenkplaat in Berlyn.
Thumb
Monument vir Fechter in Wes-Berlyn, 1988

Die grenswagte het 35 skote afgevuur.[1] Fechter is in sy longe en buik gewond en het skreeuend daar bly lê. Mense het aan beide kante begin saamdrom. Polisiebeamptes van Wes-Berlyn het verbande en ander mediese voorraad oor die muur gegooi, maar dit was tevergeefs. 'n Amerikaanse luitenant wat by Checkpoint Charlie gestasioneer was het ook kom kyk, sy kommentaar was: "Not our problem."[2] 'n Uur na die voorval is Fechter aan bloeding dood en is sy liggaam deur Oos-Duitse soldate verwyder. Foto's van die bloeiende Fechter is die wêreld ingestuur en is selfs in die Amerikaanse tydskrif Life gepubliseer.

'n Eenvoudige houtkruis is aan die voet van die muur tot sy nagedagtenis opgerig. In Maart 1997, enkele jare na die Duitse hereniging, is twee van die grenssoldate wat op Fechter gevuur het, Erich Schreiber en Rolf Friedrich, tot 1 jaar voorwaardelik gevonnis. 'n Derde soldaat was intussen reeds oorlede.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads