Peter MacOwan

Suid-Afrikaanse plantkundige From Wikipedia, the free encyclopedia

Peter MacOwan
Remove ads

Prof. Peter MacOwan (14 November 1830 – 30 November 1909) was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige. Hy is in 1830 in Hull, Engeland, gebore. Hy was eers 'n onderwyser en spesialiseer toe in plantkunde. Hy verhuis om gesondheidsredes in 1861 na Suid-Afrika en vestig homself in Grahamstad.

Kitsfeite Gebore, Oorlede ...

Later doseer hy wetenskap aan die Gill-kollege en in 1881 word hy direkteur van die Kaapstadse Botaniese Tuine, asook kurator van die Herbarium van die Kaapse regering en professor in Botanie aan die Suid-Afrikaanse Kollege. Hy het internasionaal erkenning verwerf op die gebied van Ekonomiese Botanie. Hy is oorlede in 1909.

Die standaard skrywerafkorting MacOwan word gebruik om die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam genoem word.

Remove ads

Sien ook

Bron

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads