Pik Botha

Voormalige Minister van Buitelandse Sake van Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Pik Botha
Remove ads

Roelof Frederik (Pik) Botha (27 April 193212 Oktober 2018) was van 27 April 1977 tot 10 Mei 1994 (volle demokrasie in Suid-Afrika) die land se Minister van Buitelandse Sake en het die taak gehad om Suid-Afrika se binnelandse beleid van apartheid, te probeer verdedig in internasionale forums. Met 'n dienstyd van 17 jaar was hy ook een van die wêreld se langsdienende ministers van buitelandse sake.

Kitsfeite President, Voorafgegaan deur ...

Pik Botha is op Rustenburg in die Transvaal gebore as agterkleinseun van die volksleier en ouderling in die Gereformeerde Kerk Thomas Dreyer. Dreyer het 13 kinders gehad, onder wie Christiaan Lourens, die vader van Botha se moeder, Maria Elizabeth.[1]

Hy het hom in 1953 by die departement van buitelandse sake aangesluit en het in Swede, Wes-Duitsland en in Den Haag diens gedoen. In 1974 het hy Suid-Afrika se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies geword. 'n Jaar later is hy aangestel as Suid-Afrika se verteenwoordiger in die VSA. Op 1 April 1977 word hy Minister van Buitelandse Sake.

Botha was een van die groep "gematigde" lede van die Nasionale Party wat deelgeneem het aan die politieke maneuvers om 'n opvolger vir B.J. Vorster as Eerste Minister te kry. Hy was ook nou betrokke by die onderhandelings wat uiteindelik tot die onafhanklikheidswording van Namibië in 1990 gelei het.

Botha het later as Minister van Mineraal- en Energiesake (1994–1996) in die regering van nasionale eenheid onder Nelson Mandela gedien totdat die Nasionale Party hom van die regering onttrek het. Botha het in 2000 by die African National Congress aangesluit.

Remove ads

Gesinslewe

Thumb
Pik Botha, sy eerste vrou, Helena, en hul drie oudste kinders, Roelof, Piet en Anna, ca. 1960. Lien is later gebore.

Sy seun was die Afrikaanse sanger Piet Botha. Sy seun Roelof Botha is 'n ekonoom en sy kleinseun, 'n voormalige leerling aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad, was in 1990 die topkandidaat in Kaapland se senior-sertifikaateksamen. Hierdie kleinseun van Pik, ook met die naam Roelof, is 'n voormalige finansiële direkteur van PayPal en tans 'n waagkapitalis in die Verenigde State. Pik se dogter, Lien Botha, is 'n kunstenaar en Afrikaanse skrywer.[2]

Hy sterf op 12 Oktober 2018 in sy huis in Pretoria nadat sy organe ingegee het.[3]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads