Pous Linus

From Wikipedia, the free encyclopedia

Pous Linus
Remove ads

Die heilige Linus[1][2] was tussen 67 en 76 die tweede pous. Artaud de Montor skryf dat hy die seun was van Herculanus, van die Mauri familie van Volterra en dat hy op twaalfjarige leeftyd na Rome gestuur is waar hy Simon Petrus ontmoet het.[3] Hy word beskou as die opvolger van Petrus as biskop van Rome. Irenaeus van Lyon beskou Linus as dieselfde persoon as die een waaroor Paulus praat in 2. Tim 4: 21.

Kitsfeite Geboortenaam, Pontifikaat begin ...

"Doen jou bes om nog voor die winter te kom. Eubulus, Pudens, Linos, Claudia en al die broers stuur vir jou groete."

Tydens sy pontifikaat word die eerste 15 biskoppe aangestel. Sy opvolger was Anacletus. Eusebius skrywe dat Linus twaalf jaar lank biskop van Rome was (van circa 66 tot 78).

Volgens die Liber Pontificalis[4] is hy as martelaar dood. Dit is egter onwaarskynlik, aangesien daar in die jaar van sy dood nie groot Christenvervolgings was nie.

In die Rooms-Katolieke Kerk word hy as heilige vereer, met 23 September as sy feesdag. Volgens die amptelike pouslys van die Vatikaan was hy pous van 67 tot 76.

Remove ads

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Opvolging

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads