Preah Ko
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Preah Ko (Khmer: ប្រាសាទព្រះគោ, "Die Heilige Bul") was die eerste tempel wat in die antieke stad Hariharalaya (in die gebied wat nou Roluos heet) gebou is, sowat 15 km suidoos van die hoofgroep tempels in Angkor, Kambodja. Die tempel is in 879 deur koning Indravarman I van die Khmer-ryk laat bou om sy familie te vereer, waardeur hulle met die Hindoe-god Shiva verbind is.[1]
Remove ads
Die terrein
Preah Ko bestaan uit ses steentorings wat in twee rye van drie elk gerangskik is. Die torings staan op platforms van sandsteen. Hulle kyk oos, en die een middel voor is die hoogste. Die terrein is gewy aan drie vergoddelikte voorvaders van Indravarman en hul vroue. Die toring middel voor is opgedra aan Jayavarman II, stigter van die Khmer-ryk.[1] Die een links is opgedra aan Prithivindreshvara, koning Indravarman se pa, en die een regs aan Rudreshvara, sy oupa. Die agterste drie torings is opgedra aan hul onderskeie vroue.[2] Die sentrale torings het almal beelde van Shiva op.[3]:354–356
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads