Pretoria-wegholtreinongeluk van 2010
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
'n Treinongeluk in Pretoria het op 21 April 2010 plaasgevind toe treinwaens vir 19 km weggehardloop het vanaf Centurionstasie en verderaan ontspoor het by Pretoriastasie. Drie mense is dood en sewe is ernstig beseer.
Geskiedenis

Op 21 April 2010 was 'n luukse toeristetrein wat deur Rovos Rail bedryf word, by die Centurionstasie waar die elektriese lokomotief omgeruil word vir 'n Klas 25NC 4-8-4 stoomlokomotief. Tydens die oorskakeling het die passasierswaens vir 19 km (12 myl) buite beheer geloop totdat hulle by Pretoria gewelddadig ontspoor het. Die ongeluk het buite die Bloutreindepot plaasgevind.[1] Daar was 59 passasiers en dertig treinpersoneel aan boord van die waens.[2] Drie van die treinpersoneel is dood, en ongeveer R15 000 000 (£ 1 338,000) se skade is aan die waens aangerig.
Remove ads
Ondersoek
Die Suid-Afrikaanse owerhede het 'n raad van ondersoek ingestel. Metrorail en die Suid-Afrikaanse spoorwegveiligheidsreguleerder was in die raad van ondersoek verteenwoordig. 'n Aanvanklike beoordeling van die oorsaak van die ongeluk was dat die ongekoppelde waens onvoldoende remkrag gehad het om die weghol te voorkom.[3] Na verneem word, was die handremme op die waens nie aangewend nie. Aangesien die trein nie gelyk gestaan het nie, moes skotte ook onder die wiele van die waens geplaas word, wat nie gedoen is nie.[4]
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads