Protostomia

From Wikipedia, the free encyclopedia

Protostomia
Remove ads

Protostomia ("eerste mond" in antieke Grieks) is ’n superfilum van die koninkryk Animalia (diere). Dit is ’n sustersklade van Deuterostomia; saam vorm hulle die klade Nephrozoa. Die posisie van die Chaetognata is nie heeltmal duidelik nie. Soms word hulle in en soms naas die Protostomia geplaas.

Kitsfeite Kladistiese klassifikasie ...

Protostomia is ’n takson van die klade Bilateria (diere met bilaterale simmetrie en drie goed ontwikkelde kiemlae) in die subkoninkryk Eumetazoa.[1]

Remove ads

Beskrywing

’n Groot verskil tussen Protostomia en Deuterostomia is dat die opening aan die onderkant van die vormende embrio by laasgenoemde die anus word, terwyl dit by eersgenoemde die mond word.[2][3])

By die meeste Protostomia vorm ’n duik aan die een kant van die embrio en verdiep om die mond te vorm as deel van die eerste stadium in die vorming van die ingewande. By Deuterostomia ontwikkel ’n anus eers aan die een kant van die embrio en die mond later aan die teenoorgestelde kant; die spysverteringskanaal ontwikkel dan tussen die mond en anus en verbind die twee.

Remove ads

Kladogram

Bilateria
Nephrozoa


?

Chaetognatha


Protostomia

Spiralia



Ecdysozoa






Deuterostomia




Xenacoelomorpha



Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads