Psionika
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Psionika (Engels: psionics) was in Amerikaanse wetenskapsfiksie van die 1950's en '60's 'n voorgestelde dissipline wat die beginsels van ingenieurswese (veral elektronika) toegepas het op die studie van paranormale of psigiese verskynsels, soos buitesintuiglike waarneming, telepatie en psigokinese.[1] Die term is 'n kombinasiewoord wat gevorm is van "psi" (in die sin van "psigiese verskynsels") en die "onika" van "elektronika".[1][2]
Die woord "psionika" was aanvanklik, en is nog steeds, 'n jargonterm in wetenskapsfiksie[3] en het nooit algemeen byval gevind nie. In die jare nadat die term in 1951 daargestel is, het dit toenemend duidelik geword daar is geen wetenskaplike bewyse vir die bestaan van "psioniese" vermoëns nie.[4]
Remove ads
Verwysings
Skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads