Quigleyskaal
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Quigleyskaal is ’n beskrywende, visuele stelsel van fenotipiese gradering wat sewe grade gebruik tussen "ten volle vermanlikte" en "ten volle vervroulikte" geslagsdele. Dit is in 1995 deur die pediatriese endokrinoloog Charmian A. Quigley et al. voorgestel.[1] Dit is soortgelyk aan die Praderskaal en word gebruik om geslagsorgane te beskryf in gevalle van androgene-insensitiwiteitsindroom, insluitende algehele, gedeeltelike en ligte insensitiwiteit.[2][3]
Remove ads
Grade

Die eerste ses grade van die skaal, 1 tot 6, dui die mate van genitale vermanliking aan. Graad 1 dui op ten volle vermanlikte uitwendige geslagsdele en ligte androgene-insensitiwiteitsindroom. Grade 6 en 7 dui op ten volle vervroulikte uitwendige geslagsdele en algehele androgene-insensitiwiteitsindroom.[1]
Grade 2 tot 5 dui die grade van afnemende vermanliking aan,[1] wat ooreenstem met gedeeltelike androgene-insensitiwiteitsindroom.
Graad 7 kan tot met puberteit nie van graad 6 onderskei word nie, en daarna deur die teenwoordigheid van sekondêre dik en lang (terminale) hare. Graad 6 is van toepassing as sekondêre terminale hare aanwesig is, en graad 7 as dit afwesig is.[1]
Die skaal is redelik omstrede omdat die begrip dat atipiese geslagsdele noodwendig abnormaal is, betwis word. In 2015 het die Raad van Europa se hoë kommissaris vir menseregte aanbeveel dat die mediese klassifikasies van variasies van geslagseienskappe hersien word.[4]
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads