Quoin Point-vuurtoring
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Quoin Point-vuurtoring is 'n vuurtoring by Quoin Point aan die Kaapse Suidkus tussen Danger Point en Kaap Agulhas ongeveer 3 kilometer suid van Die Dam.
Die vuurtoring is in 1955 opgerig. Dit is 22 meter hoog en bestaan uit 'n vierkantige, piramidevormige staalskelet met 'n rooi-en-wit gestreepte, diamantvormige dagmerk en 'n twee verdieping hoë wit houthuis vir die toringwagter.[1]
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads