Reaktiewe suurstofkomponent

From Wikipedia, the free encyclopedia

Reaktiewe suurstofkomponent
Remove ads

Reaktiewe suurstofkomponente (afgekort ROS na aanleiding van die Engels, reactive oxygen species) vorm ’n groep reaktiewe chemiese komponente met suurstof as belangrikste bestanddeel. Voorbeelde is peroksiede, superoksiede, die hidroksielradikaal en singuletsuurstof.[1]

’n Verduideliking van selskade deur die vorming van reaktiewe suurstofkomponente.

In ’n biologiese opset vorm die komponente ’n standaardneweproduk van die metabolisme van suurstof en speel hulle ’n belangrike rol in intersellulêre kommunikasie en homeostase.[2] Aan die een kant is lae konsentrasies ROS ’n noodsaaklike voorwaarde vir die werking van die sel, en aan die ander kant hou hoë konsentrasies ’n bedreiging vir die korrekte werking daarvan in.

Tydens tydperke van uiterse toestande, soos blootselling aan UV-strale of hitte, kan die hoeveelhede ROS ver bo die nodige konsentrasies styg.[2] Dit kan aansienlike skade aan die strukture van die sel aanrig. Dit staan bekend as oksidasiestres.

Die vervaardiging van ROS word sterk beïnvloed deur stresfaktorreaksies in plante. Dié faktors wat die vervaardiging van ROS kan verhoog, sluit in droogte, soutinhoud, koue, voedingstoftekorte, metaaltoksiteit en UVB-strale. ROS kan ook vervaardig word deur eksogene faktore (buite die sel) soos ioniserende straling.[3]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads