Red Deer

From Wikipedia, the free encyclopedia

Red Deermap
Remove ads

Red Deer is volgens sy inwonertal die derde grootste nedersetting in die Kanadese provinsie Alberta en lê naastenby halfpad tussen die hoofstad, Edmonton, en die grootste stad, Calgary. Dit is 'n streeksentrum vir die olie- en petrochemiese bedryf.

Kitsfeite Land, Provinsie ...

Die stad beslaan 'n oppervlak van 104,29 km² en is gemiddeld 905 meter bo seespieël geleë. Red Deer is in 1882 as 'n handelspos aan die rivier met dieselfde naam gestig en verkry stadstatus in 1913.

In 2006 het die inwonertal 82 772 beloop, bestaande uit 33 894 huishoudings. Dit was 'n toename van 22% vergeleke met 2001. Byna 90% van die huishoudings bestaan uit Engelssprekendes, 1,7% Spaanssprekendes en 1,6% Franssprekendes.

Die Red Deer Badlands is naby die stad geleë, wat 'n museum oor dinosouriërs en vele winkels huisves.

Remove ads

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads