Reeva Steenkamp

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Reeva Rebecca Steenkamp (19 Augustus 198314 Februarie 2013) was 'n Suid-Afrikaanse model.[1] Sy het sedert 2012 met die Olimpiese atleet Oscar Pistorius uitgegaan. Sy is op 14 Februarie 2013 by sy huis doodgeskiet. Pistorius is dadelik vir die moord in hegtenis geneem.[2] Hy is uiteindelik op 12 September 2014 aan strafbare manslag skuldig bevind vir die voorval [3] en op 21 Oktober 2014 tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.[4] Op 24 November 2017 is hy in hoër hof tot dertien jaar en vyf maande tronkstraf gevonnis.[5]

Kitsfeite Gebore, Sterf ...

Steenkamp is op 19 Augustus 1983 in Kaapstad gebore, maar het in Port Elizabeth grootgeword. In 2005 verwerf sy 'n regsgraad van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit.

Die werklikheidsreeks Tropika Treasure Island, waaraan sy deelgeneem het, is aanvanklik geskeduleer om vanaf 16 Februarie, 2 dae na haar dood uitgesaai te word. Haar ouers het toestemming gegee dat die program soos beplan kon voortgaan.

Remove ads

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads