Refentse Morake

Afrikaanse sanger From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Refentse Morake (gebore 1 Augustus 1997) is 'n Afrikaanse sanger wat in Vereeniging grootgeword het. Hy was 17 toe hy op die sypaadjie van sy ouerhuis in Unitaspark, 'n voorstad van Vereeniging, opgemerk is terwyl hy kitaar gespeel en gesing het. 'n Dame, Cecilia Marchionna – of Tannie Kleintjie, soos sy meer bekend is – het hom gehoor. Sy het hom genader en gevra of sy 'n video van hom mag opneem en die video op haar Facebook mag sit. Hy het ingestem en gedink die "tannie" het waarskynlik net 'n paar Facebook-vriende, maar dit was 'n groot onderskatting.[2]

Kitsfeite Gebore, Oorsprong ...

Die Facebookvideo het met 30 000 kyke op die eerste dag die hoogte ingeskiet, tot 160 000 vier dae later, en aanhou groei. In April 2015 het hy in Baron van Reedestraat in Oudtshoorn in die straat opgetree, toe sy gunsteling sanger, Karen Zoid, verbygekom en vir hom R10 ter waardering vir sy poging gegee het. Daardie aand het organiseerders by die KKNK vir Morake agter die skerms van die fees se openingskonsert geneem, waar hy verskeie musieksterre, insluitend Karen Zoid ontmoet het, en 'n musiekkontrak aangebied is.[2]

Refentse stel sy debuutalbum My Hart Bly in 'n Taal in 2016 vry, en sy tweede album Deur My Venster word in 2017 vrygestel.

Remove ads

Diskografie

Albums

  • 2016: My hart bly in 'n taal[3]
  • 2017: Deur my venster[4]
  • 2018: Liefdegenerasie

Enkelsnitte

  • 2016: Sonvanger
  • 2018: Reisiger
  • 2018: Liefdegenerasie
  • 2019: What a Boytjie
  • 2021: Beauty of Africa
  • 2022: Skobbejak

Eerbewyse

  • In 2017 word Refentse vereer met vier Ghoema-trofees vir sy album My hart bly 'n taal. Hy stap weg met die pryse vir Album van die jaar, Manlike kunstenaar van die jaar, Digitale album van die jaar en 'n Ere-toekenning vir beste verkoper.[5]

Verwysings

Musiekvideo's

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads