Regering van Frankryk

entiteit wat die uitvoerende mag in Frankryk uitoefen From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Die Regering van die Franse Republiek (Frans: Gouvernement de la République française) beoefen uitvoerende gesag in Frankryk. Dit bestaan uit 'n eerste minister wat die regeringshoof is, en beide senior ministers en adjunkministers.[1] Senior ministers dra die titel van Minister (Frans: Ministres) terwyl adjunkministers die titel van Staatsekretaris (Frans: Secrétaires d'État) dra. 'n Kleiner en meer magtige uitvoerende liggaam, by name die Raad van Ministers (Frans: Conseil des ministres), bestaan uit slegs die senior ministers, alhoewel sommige adjunkministers die vergaderings van die raad mag bywoon. Die voorsitter van die Raad van Ministers is die President van die Republiek, desnieteenstaande word die raad steeds deur die eerste minister gelei, wat die amptelike titel van President van die Raad van Ministers (Frans: Président du Conseil des ministres) tydens die Derde en Vierde Republieke dra.[1]

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads