Rhett Butler

From Wikipedia, the free encyclopedia

Rhett Butler
Remove ads

Rhett Butler is die manlike hoofkarakter in die roman Gone With the Wind. Hy word veral onthou vir sy woorde aan Scarlett O’Hara: "Frankly, my dear, I don't give a damn!"[1]

Thumb
Rhett Butler en Bonnie Blue Butler in Gone With the Wind.
Kitsfeite Skepping, Eerste verskyning ...

Die roman is in 1936 deur Margaret Mitchell gepubliseer. In die gelyknamige rolprent uit 1939 is die rol deur Clark Gable vertolk.

Rhett is 'n lid van die boonste samelewing van Charleston in Suid-Carolina, maar hy leef sy lewe soos hy wil, sonder om oor die sosiale norme van sy tyd te dink. Dit lei hom tot talle dwaashede (hy is 'n speler, drinker en rokjagter). Selfs sy familie hou hom op 'n afstand oor sy skandalige gedrag. Rhett ontmoet Scarlett O'Hara, die protagonis van die roman, tydens 'n partytjie. Hy was oud genoeg om haar pa te wees. Hy hou dadelik van haar toe hy sien hoe sy die here wat om haar drentel met selfvertroue afweer, maar hy hoor per ongeluk hoe sy 'n passievolle liefdesverklaring aan Ashley Wilkes maak. Rhett en Scarlett trou later, nadat sy die tweede keer 'n weduwee word (na haar huwelike met Charles Hamilton en Frank Kennedy). Hul getroude lewe sou egter deur Ashley Wilkes se skaduwee beïnvloed word, die man waarop Scarlett eintlik verlief was.

Rhett is al met James Bond vergelyk.[2] Beide karakters het 'n analitiese sin, kan vroue om hul pinkies draai en weet hoe om agter vyandige linies te beweeg. Baie van 007 se sêgoed kan na Rhett se gesprekke met Scarlett teruggevoer word.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads