Riah Phiyega

From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Mangwashi (Riah) Phiyega was die Suid-Afrikaanse polisiekommissaris en die eerste vrou wat in die pos aangestel is. Sy het Bheki Cele opgevolg nadat hy op 12 Junie 2012 deur pres. Jacob Zuma afgedank is. Sy was kommissaris tot in 2015, toe sy deur die president geskors is weens haar swak hantering van die Marikana-mynopstand, waartydens 17 protesterende mynwerkers in 2012 deur die Polisie doodgeskiet is.

Kitsfeite President, Voorafgegaan deur ...

Phiyega het verskeie grade en tersiêre kwalifikasies, onder andere van die Nasionale Universiteit van Singapoer, die Wharton-sakeskool, die Universiteit van Wallis, die Universiteit van Johannesburg en die Universiteit van die Noorde.

Sy het haar loopbaan as 'n maatskaplike werker begin, was lid van die bodkomitee vir die Sokkerwêreldbeker 2010, die hoofbestuurder van hawens en korporatiewe dienste by die nasionale hawe-owerheid en voorsitter van die presidensiële hersieningskomitee oor staatsbeheerde ondernemings. Sy was ook voorheen 'n bestuurder by ABSA en die uitvoerende groephoof van korporatiewe dienste by Transnet.

Sy is tans 'n trustee van die Nelson Mandela-kinderfonds en 'n direkteur van die maatskappy Tsa Rona Investments, 'n Suid-Afrikaanse beleggingsfirma wat deur vroue besit word.[1]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads