Rob

familie van soogdiere wat in die see lewe From Wikipedia, the free encyclopedia

Rob
Remove ads

Robbe (Phocidae), ook Oorlose Robbe of Seehonde genoem, is 'n familie van soogdiere wat in die see lewe. Die familie resorteer onder die orde van roofdiere (Carnivora).

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Genera ...

Die ware robbe (Phocidae) word onderskei van die oorrobbe (Otariidae) deurdat hulle geen uitwendige oorskulpe het nie en deur hul onvermoë om hul agterledemate vir beweging op die land te gebruik.

Daar is 'n hele aantal soorte, waarvan die meeste in die koue gematigde seë en in die Arktiese en die Antarktiese gebied aangetref word. In Suid-Afrikaanse waters word hierdie groep verteenwoordig deur die suidelike see-olifant (Mirounga leonina) en die luiperdrob (Hydrurga leptonyx). Hulle is nie juis volop aan hierdie kus nie, want hul eintlike tuiste is die Antarktiese en sub-Antarktiese gebied.

Die meeste van die ware robbe is kuddediere, maar die luiperdrob, wie se dieet hoofsaaklik uit pikkewyne bestaan, en die uiters seldsame Rossseerob word nêrens in groot getalle aangetref nie. Anders as die ander Vinvoetiges of Seeroofdiere (voorheen van die suborde Pinnipedia) is die ware robbe, uitgesonderd die see-olifant en die grys rob, nie veelwywig nie.

Remove ads

Sien ook

Bronnelys

  • de Klerk, Adrienne: Is dit uitdun of uitroei? In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 36, nr. 4, Julie/ Augustus 1991. ISSN 0491-4783
  • KENNIS,  vol 14, 1980, bl. 2751-2753,  ISBN 0 7981 0836 3
  • Our Cape fur seals. In: Lantern. Tydskrif vir Volksopvoeding. Jaargang 3, no. 2, September 1953.

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads