Roman Rock-vuurtoring

vuurtoring in Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Roman Rock-vuurtoringmap
Remove ads

Roman Rock-vuurtoring is 'n vuurtoring op 'n rots in Valsbaai by die ingang van die Simonstadse hawe. Dit is die enigste vuurtoring in Suid-Afrika wat op 'n rots in die see gebou is. Die rots is tydens hooggety heeltemal onder die see.

Thumb
Die Roman Rock-vuurtoring
Thumb
'n Jong meisie op 'n Valsbaaistrand naby Boulders Beach, Simonstad, Suid-Afrika. Die Roman Rock-vuurtoring is op die agtergrond sigbaar.

Die vuurtoring is op 16 September 1861 in gebruik geneem nadat Joseph Nourse aan die sekretaris-generaal van die vloot in Londen geskryf het oor die belangrikheid daarvan om iets te doen vir die beveiliging van Britse skepe wat soms by Simonstad kom vasmeer het. Alhoewel die witgeverfde gietyster-vuurtoring in Engeland voorafvervaardig is, het die oprigting steeds vier jaar geduur. Die vuurtoring is in 1919 ten volle geoutomatiseer en word sedertdien nie meer beman nie.[1]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads