Rondebosch

From Wikipedia, the free encyclopedia

Rondebosch
Remove ads

Rondebosch is 'n betreklike groot, boomryke en gesogte suidelike voorstad van Kaapstad.

Thumb
Die kerkgebou van die NG gemeente Rondebosch, waarvan elke eerste minister van genl. Louis Botha tot P.W. Botha 'n lidmaat was.
Thumb
Die Laerskool Groote Schuur in Campgroundweg, Rondebosch.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Remove ads
Remove ads

Onderwys

Dit is een van die vernaamste opvoedkundige gebiede van die land en die tuiste van die Universiteit van Kaapstad, die Hoër Seunskool Rondebosch, die private Diocesan College (Bishops of Biskopppe) vir seuns, Hoër Meisieskool Rustenberg, Laerskool Groote Schuur, Laer Meisieskool Oakhurst en die private Herschel-skool vir meisies. Die voorstad huisves ook die beroemde landgoed Groote Schuur, wat Cecil John Rhodes in sy testament aan die volk van Suid-Afrika nagelaat het. Op Rustenberg se perseel is die oorspronklike somertuiste van latere Hollandse goewerneurs geleë.

Remove ads

Wapen

Rondebosch het van 1886 tot 1913 sy eie munisipaliteit gehad. Die raad het in 1898 'n skynheraldiese "wapen" aangeneem, wat deur die argitek George Alexander ontwerp is.[2] Die skild toon 'n landskaptoneel. Dit is omring deur 'n blou gordel met die wapenspreuk "Nisi Dominus frustra" daarop. Britannia sit bokant die skild, en daar is twee skildhouers, nl 'n leeu en 'n luiperd. Hierdie "wapen" kan nog op 'n gebrandskilderde venster bokant die ingang tot die plaaslike biblioteek gesien word.

Remove ads

Bronne

  • Mayhew, Vic (red.), Reader’s Digest Illustrated Guide to Southern Africa, The Reader’s Digest Association South Africa (Pty.) Limited, Kaapstad, 1980.

Sien ook

Verwysings

Loading content...
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads