Rooioog-moddervis

From Wikipedia, the free encyclopedia

Rooioog-moddervis
Remove ads

Die Rooioog-moddervis (Labeo cylindricus) is 'n varswater vis wat wydverspreid voorkom in riviere in Oos-Afrika, vanaf die Zambezirivier tot by die Pongolarivier. Dit kom ook voor in sekere dele van die Kongorivier. In Engels staan die vis bekend as die Redeye labeo.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Voorkoms

Die vis se lyf is silindries en het 'n kenmerkende uitstaande snoet; gewoonlik met stervormige tuberkels op. Die bek is groot en die lippe vlesig. Daar is een paar baarde om die bek. Die vis is geel-groen met 'n donker baan wat horisontaal oor die lyf strek. Die groter visse is donkerder olyf grys. Die oë is kenmerkend rooi en die vis word tot 230 mm lank.

Habitat

Die vis leef in helder, vloeiende water in rotsagtige dele van klein en groot riviere. Ook in rotsagtige dele van damme en mere. Hulle leef in skole saam en vreet alge. Hulle migreer in skole stroomop om te broei en gebruik die mond en pektorale vinne om oor versperrings te kom.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads