Rugbywêreldbeker 1991

From Wikipedia, the free encyclopedia

Rugbywêreldbeker 1991
Remove ads

Die Rugbywêreldbeker 1991 (Engels: 1991 Rugby World Cup; Frans: Coupe du monde de rugby à XV 1991; Iers-Gaelies: Corn Rugbaí an Domhain 1991; Skots-Gaelies: Cupa Rugbaidh an t-Saoghail 1991; Wallies: Cwpan Rygbi'r Byd 1991) is van 3 Oktober tot 2 November 1991 in Engeland (nominale gasheer), Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis, die destydse Vyfnasies, beslis. Dit was die tweede rugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangebied word en die eerste in die Noordelike Halfrond. Agt jaar later het dieselfde vyf lande ook die Rugbywêreldbeker 1999 saam gehuisves.

Thumb
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is
Kitsfeite Toernooibesonderhede, Gasheer ...

Die toernooi se formaat van 1987 het onveranderd gebly en 16 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 1991 deelgeneem: die agt regstreekse kwalifiseerders van die 1987-toernooi (Australië, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis), saam met die agt beste spanne van die kwalifisering (Argentinië, Italië, Japan, Kanada, Roemenië, Wes-Samoa, die Verenigde State en Zimbabwe). Tydens die Rugbywêreldbeker 1991 is 32 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Die spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika gekwalifiseer.

Australië het die eindstryd op Twickenham in Londen teen Engeland met 12–6 gewen en sodoende sy eerste rugbywêreldbekertitel ingepalm.[3] Die verdedigende kampioen Nieu-Seeland het in die derde en Skotland in die vierde plek geëindig. Suid-Afrika kon nie aan die rugbywêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid. Die Wes-Samoaanse span het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n tweede keer verskyn het. Die Namibiese nasionale rugbyspan is in Maart 1990 gestig, te laat om hoegenaamd aan die Rugbywêreldbeker 1991-kwalifisering deel te neem. Vir Zimbabwe sou dit die laaste deelname aan ’n rugbywêreldbekertoernooi wees, omdat hulle sedertdien nie meer vir ’n toernooi kon kwalifiseer nie.

Remove ads

Toewysing

Nadat die Rugbywêreldbeker 1987 in Australië en Nieu-Seeland aangebied is, is die Rugbywêreldbeker 1991 aan die vyf rugbylande toegewys, wat destyds jaarliks om die Vyfnasies-beker meegeding het. Die Engelse Rugbyvoetbalunie het met die ander Vyfnasies-beheerliggame ooreengekom om van die wedstryde ook in Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis aan te bied.

Deelnemers

Die volgende 16 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 1991 gekwalifiseer: Die nominale gasheer Engeland en die ander sewe spanne wat tydens die Rugbywêreldbeker 1987 tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks gekwalifiseer. Hulle was Australië, Fidji, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis. Om die oorblywende agt plekke het tydens die kwalifiseringsrondte 33 nasionale rugbyspanne meegeding. Wes-Samoa, wat Tonga vervang het, is die enigste verandering in die 16-span-lys van die Rugbywêreldbeker 1987.

Thumb
Spanne wat aan die kwalifiseringstoernooi deelgeneem en die wat regstreeks gekwalifiseer het; altesaam 33 spanne het deelgeneem.

 Afrika

 Amerikas

 Asië

 Europa

 Oseanië

 Nie deelgeneem nie

Thumb
Uitslag van die kwalifisering:

 Nominale gasheer

 Agt beste spanne van die 1987-toernooi

 Wenner van die plaaslike kwalifisering

 Versuim om te kwalifiseer

 Nie deelgeneem nie

Meer inligting Span, Kwalifiseringmetode ...
Remove ads

Stadions

Die Rugbywêreldbeker 1991 is deur Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis saam aangebied, en wedstryde is regoor dié vyf lande gehou. Van Groep A, waarin Engeland meegeding het, se wedstryde is die helfte in Londen gehuisves, maar wedstryde het ook in Leicester, Gloucester en Otley plaasgevind. Groep B, met die Europese spanne Ierland en Skotland, wat hul wedstryde tuis in óf Dublin óf Edinburg gespeel het; een wedstryd is in Belfast gehou. Groep C met Wallis, wat al sy wedstryde in Cardiff gespeel het, en die ander wedstryde in Pontypool, Pontypridd en Llanelli. Groep D, waarin Frankryk gespeel het, met wedstryde in Agen, Bayonne, Béziers Brive, Grenoble en Toulouse. Geen van die kwart- of halfeindwedstryde is in Engeland gespeel nie, maar wel in Frankryk, Ierland en Skotland. Die bronseindstryd is op Cardiff se Nasionale Stadion aangebied en die eindstryd op die Londense Twickenham.

Meer inligting Londen, Edinburg ...
Thumb
Llanelli
Llanelli
Pontypool
Pontypool
Pontypridd
Pontypridd
Otley
Otley
Plekke in Engeland en Wallis
Plekke in Skotland en Ierland
Plekke in Frankryk
Remove ads

Formaat

Die Rugbywêreldbeker 1991 is oor 30 dae tussen 16 verskillende spanne oor 32 wedstryde beslis. Dit het op 3 Oktober 1991 op Twickenham in Londen met die openingswedstryd tussen die nominale gasheer Engeland en die verdedigende kampioen Nieu-Seeland afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 2 November met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens die Wallabies die Webb Ellis-beker ingepalm het.

Kalender

Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 1991 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Meer inligting Groepfase Oktober, Do 3 ...

Groepe

Die groepwedstryde is onder die vyf gashere soos volg verdeel:

  • Groep 1 is in Engeland aangebied
  • Groep 2 is beide in Ierland en Skotland aangebied
  • Groep 3 is in Wallis aangebied
  • Groep 4 is in Frankryk aangebied

Groepfase

Soos in die Rugbywêreldbeker 1987 is die 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in vier groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop en een vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens die punte wat total aangeteken is gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Twee vir ’n gelykop;
  • Een vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur die punte wat total aangeteken is bepaal.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 4 en die wenner van Groep 4 teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die bronseindstryd óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.

1991-effek op 1995-kwalifisering

Die agt spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Nieu-Seeland, Samoa en Skotland.

Remove ads

Wedstrydbeamptes

’n Paneel van 17 skeidsregters is vir die toernooi ingespan.

Remove ads

Wedstryde

Kitsfeite

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepwedstryde

16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep 1

Thumb
Die Verenigde State se nasionale rugbyspan voor hul wedstryd teen die Nieu-Seelandse All Blacks tydens die Rugbywêreldbeker 1991
Meer inligting Span, S ...

Groep 2

Meer inligting Span, S ...

Groep 3

Meer inligting Span, S ...

Groep 4

Meer inligting Span, S ...

Uitklopwedstryde

Thumb
David Campese (Wallabies) se trui, versier met handtekeninge, word in ’n Hongkongse kroeg ten toon gestel
Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindstryd
                   
19 Oktober – Edinburg        
 Vlag van Skotland Skotland  28
26 Oktober – Edinburg
 Vlag van Samoa Samoa  6  
 Vlag van Skotland Skotland  6
19 Oktober – Parys
   Vlag van Engeland Engeland  9  
 Vlag van Frankryk Frankryk  10
2 November – Londen
 Vlag van Engeland Engeland  19  
 Vlag van Engeland Engeland  6
20 Oktober – Villeneuve-d'Ascq
   Vlag van Australië Australië  12
 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland  29
27 Oktober – Dublin
 Vlag van Kanada Kanada  13  
 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland  6 Uitspeel om derde plek
20 Oktober – Dublin
   Vlag van Australië Australië  16   30 Oktober – Cardiff
 Vlag van Australië Australië  19
   Vlag van Skotland Skotland  6
 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland  18  
 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland  13

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Bronseindstryd

Eindstryd


Rugbywêreldkampioen 1991
Vlag van Australië Australië
Remove ads

Statistiek

Finale puntestand

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 1991.[11]

Thumb
Uitslag van die Rugbywêreldbeker 1991:

 Kampioen

 Naaswenner

 Derde plek

 Vierde plek

 Kwarteindrondte

 Groepfase

 Nie deelgeneem nie

Meer inligting Rang, Span ...

Meeste punte en drieë

Meer inligting Naam, Punte ...
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads