Parc des Princes
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Parc des Princes (Frans: [paʁk de pʁɛ̃s]) is 'n stadion in die suidweste van die Franse hoofstad Parys. Die stadion is in die XVIde arrondissement en naby die boulevard périphérique, 'n ringsnelweg rondom Parys, geleë. Die stadion word deur die stad Parys besit.
Die eerste Parc is op 18 Julie 1897 onder die naam Stade-vélodrome du Parc des Princes ingewy, maar die huidige konstruksie is volgens die argitek Roger Taillibert se ontwerp in 1972 opgerig. Die Parc des Princes dien sedert 1974 as die amptelike stadion van die sokkerklub Paris Saint-Germain. Voor die inwyding van die Stade de France in Januarie 1998 het ook wedstryde van die Franse nasionale sokker- en rugbyspanne hier plaasgevind. Verskeie wedstryde van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938, Europese Sokkerkampioenskap 1960, Europese Sokkerkampioenskap 1984, Rugbywêreldbeker 1991, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, Rugbywêreldbeker 2007 en Europese Sokkerkampioenskap 2016 is hier gehou. Naas die Stade Vélodrome in Marseille het die Stade Vélodrome in 2016 die tweede stadion geword, waar wedstryde tydens drie UEFA Europa-beker (1960, 1984 en 2016) aangebied is.
Remove ads
Fotogalery
- Wedstryd tussen Suid-Afrika en Samoa tydens die Rugbywêreldbeker 2007
- Wedstryd tussen Italië en Portugal tydens die Rugbywêreldbeker 2007
- Die Parc des Princes tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2016
Wedstryde
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938.
Europese Sokkerkampioenskap 1960
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Europese Sokkerkampioenskap 1960.
Europese Sokkerkampioenskap 1984
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Europese Sokkerkampioenskap 1984.
Rugbywêreldbeker 1991
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Rugbywêreldbeker 1991.
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998.
Rugbywêreldbeker 2007
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Rugbywêreldbeker 2007.
Europese Sokkerkampioenskap 2016
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Europese Sokkerkampioenskap 2016.
Remove ads
Eksterne skakels
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Parc des Princes. |
- (fr) Amptelike webwerf
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads