SAS Maria van Riebeeck

duikboot From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

SAS Maria van Riebeeck, later hernoem na SAS Spear, was 'n Daphné-klas duikboot van die Suid-Afrikaanse Vloot. Die duikboot is gedurende die 1960's in Frankryk gebou en was die Suid-Afrikaanse Vloot se eerste duikboot.

Kitsfeite Naam, Klas en tipe ...
Remove ads

Tegniese besonderhede

Die duikboot het 869 metrieke ton water op die oppervlakte en 1043 metrieke ton onder die water verplaas. Dit was 57,8 m lank, 6,8 m wyd met 'n diepgang van 4,6 m. Die duikboot was toegerus met twee SEMT Pielstick 969 kW dieselenjins vir gebruik op die oppervlakte, elk het 'n skroef aangedryf. Vir gebruik onderwater was die duikboot toegerus met twee 1,193 kW elektriese motors wat ook elk 'n skroef aangedryf het. Die Maria van Riebeeck kon 'n snelheid van 13,5 knope handhaaf op die oppervlakte en 16 knope onderwater. Terwyl dit die snorkel gebruik het, het die duikboot 'n togafstand van 4 500 seemyl gehad teen 5 knope. Dit was toegerus met twaalf torpedo's van 550 mm, agt voor in die boeg en vier in die agterstewe. Die duikboot het 'n bemanning van ses offisiere en 41 matrose gehad.[1]

Remove ads

Konstruksie en loopbaan

Die duikboot se kiel is op 14 Maart 1968 gelê by die skeepswerf van Dubigeon-Normandie in Nantes, te water gelaat op 18 Maart 1969 en in diens gestel op 22 Junie 1970.[1]

Op 20 Augusts 1970 was die Maria van Riebeeck in 'n botsing met die Franse duikboot Galatée (ook 'n Daphné-klas duikboot) betrokke naby Toulon. Die skade aan beide duikbote was ernstig, met die Galatée wat gedwing was om haarself te strand om sinking te verhoed.[2]

Die duikboot se sonar en elektronika is opgegradeer en voltooi in 1992.[3] Die duikboot is opgebreek vir skroot in Simonstad deur SA Metal and Machinery Co. (Pty) Ltd gedurende Junie-Julie 2003.[4]

Remove ads

Verwysings

Bronne

Verdere leesstof

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads