Samuel Sitta
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Samuel John Sitta (18 Desember 1942 – 7 November 2016) was 'n Tanzaniese CCM-politikus en die parlementslid vir Urambo-Oos. Hy was die speaker van die Nasionale Vergadering van Tanzanië tussen Desember 2005 en 2010 en later die Nasionale Minister van Oos-Afrikaanse samewerking vanaf 2010 tot 2015.[1][2]
Remove ads
Lewensloop
Sitta was 'n lid van die regerende Chama Cha Mapinduzi party. Hy was tussen 1975 en 1995 'n lid van die parlement. Hy het as direkteur-generaal van die Tanzanië-beleggingsentrum gedien. Later is hy weer as 'n LP verkies. Die keer het hy die Urambo Mashariki-kiesafdeling verteenwoordig.[3]
Hy is op 26 Desember 2005 as speaker van die Nasionale Vergadering verkies en het gevolglik vir Pius Msekwa opgevolg.[3] Sitta is in 2010 tot die kabinet aangestel as die Minister van Oos-Afrikaanse Samewerking.
Samuel Sitta is omstreeks 03:00 op 7 November 2016 in die TUM School of Medicine (Klinikum rechts der Isar) in München (Duitsland) oorlede nadat hy vir 'n kort tydjie siek was.[4]
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads