Sandro Botticelli
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Sandro Botticelli (ca. 1445 - 17 Mei 1510) was 'n Italiaanse skilder van die Florentynse skool tydens die vroeë Renaissance. Na sy dood het sy reputasie versleg, maar laat in die 19de eeu het daar hernieude bewondering in sy werk ontstaan. Sy Geboorte van Venus en Primavera word onder die bekendste Florentynse kunswerke gereken.
In Januarie 2021 is 'n portret (Jong man met 'n medalje) deur Botticelli vir 'n verstommende $92 miljoen (ongeveer R1,3 miljard) verkoop tydens 'n veiling van Sotheby's in New York.[1] Dit is die hoogste prys nóg vir 'n skildery deur Botticelli wat tydens 'n veiling behaal is. [2]
Remove ads
Galery
- Aanbidding van die konings (ca. 1475–1476)
- Geboorte van Venus (1485–1486)
- La Primavera (1485–1487)
- Venus en Mars (1483)
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads