Saskatchewanrivier

From Wikipedia, the free encyclopedia

Saskatchewanrivier
Remove ads

Die Saskatchewanrivier (Engels: Saskatchewan River; Cree: kisiskāciwani-sīpiy, letterlik: "vinnig vloeiende rivier")[2] is 'n groot oos-vloeiende rivier in Suid-Kanada. Die Platterivier het 'n lengte van 547 km en vloei deur die Kanadese provinsies Manitoba en Saskatchewan. Die Saskatchewanrivier bestaan uit twee hooftakke, die Noord-Saskatchewanrivier met 'n lengte van 1 287 km en die Suid-Platterivier met 'n lengte van 1 392 km. Die Saskatchewanrivier is 'n sytak van die Nelsonrivier wat in die Hudsonbaai uitmond.

Thumb
Nasa-Satellietbeeld van die Saskatchewanrivier se delta in die Winnipegmeer
Kitsfeite

Die Saskatchewanrivier ontstaan uit die saamvloei van die Noord- en Suid-Saskatchewanrivier in Saskatchewan, waarna dit in 'n noordelike boog deur die ooste van Saskatchewan in 'n oostelike rigting vloei en daarna Manitoba bereik. In Manitoba mond die Saskatchewanrivier in die Winnipegmeer uit. Die grootste stede, wat langs die hele Saskatchewanrivierstelsel lê, is Calgary langs die Bowrivier ('n sytak van die Suid-Saskatchewanrivier en Edmonton langs die Noord-Saskatchewanrivier; albei in Alberta.

Die Saskatchewanrivier en sy sytakke was 'n belangrike vervoerroete vir die Eerste Nasies en vroeë Europese pelsjagters. Dit is veral deur die Hudson's Bay Company ingespan en het deel gevorm van die vervoernetwerk wat die Hudsonbaai met die Kanadese binneland in die weste verbind het.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads