Searching for Sugar Man

dokumentêre film uit 2012 oor 'n Suid-Afrikaanse kulturele verskynsel From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Searching for Sugar Man is 'n dokumentêre film uit 2012 oor 'n Suid-Afrikaanse kulturele verskynsel, geskryf en geregisseer deur Malik Bendjelloul. Die film fokus op die pogings in die laat 1990's van twee Kaapstadse aanhangers, Stephen "Sugar" Segerman en Craig Bartholomew Strydom, om uit te vind of die gerugte oor die dood van die Amerikaanse musikant Sixto Rodriguez waar was. Hulle wou uitvind wat het van hom geword. Rodriguez se musiek, wat nooit in die Verenigde State sukses behaal het nie, het baie gewild in Suid-Afrika geword, hoewel min oor hom in die land bekend was.

Op 10 Februarie 2013 het die film die BAFTA-toekenning vir beste dokumentêre rolprent by die 66ste British Academy Film Awards in Londen gewen[1] en twee weke later het dit die Oscar-toekenning vir beste dokumentêre rolprent by die 85ste Oscar-toekenningsaand in Hollywood gewen.[2][3]

Remove ads

Produksie

Die regisseur Malik Bendjelloul het aanvanklik Super 8-film gebruik om gestileerde skote vir die rolprent op te neem, en regisseur het nie meer geld gehad vir meer film om die laaste paar skote op te neem nie. Na drie jaar se snykamerwerk het die belangrikste finansiële ondersteuners van die film gedreig om finansiering te onttrek om dit te voltooi.[4] Hy het besluit om die oorblywende gestileerde skote op sy slimfoon te verfilm met 'n iPhone-toepassing genaamd 8mm Vintage Camera.[5]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads