Shanghai Internasionale Renbaan

From Wikipedia, the free encyclopedia

Shanghai Internasionale Renbaanmap
Remove ads

Die Shanghai Internasionale Renbaan is 'n motorrenbaan in Jiading, Shanghai, Volksrepubliek China, wat deur Hermann Tilke ontwerp is. Dit huisves sedert 2014 die Chinese Grand Prix wat 'n rondte van die Formule Een-wêreldkampioenskap vorm. Hierdie renbaan is gebaseer op die vorm van die Chinese karakter shàng 上 (hoogste; "shang" van "Shanghai").

Kitsfeite Ligging, Tydsone ...

Die baan was die duurste Formule Eenrenbaan toe dit in 2004 voltooi is, teen 'n koste van VS$240 miljoen.[1][2] Die baan is 5.451 km lank[3] met een van die moeilikste draaikombinasies op die Formule Eenkalender. Draaie 1 en 2 is saam 'n veeleisende 270 grade, 'n regshandige kombinasie wat hoë spoed by die ingang vereis, maar dan verder verskerp teen die uitgang.

Thumb
Pylvak (regs) met die kuipe se uitgang in die middel

Die Shanghai Internasionale renbaan is ontwerp vir die hoogste rensnelhede van alle Formule 1-renbane tot op hede. Dit het ook 'n invloed gehad op die rempunte aan die einde van die lang pylvak, waar die baanoppervlak soms verkrummel het as gevolg van die ladings.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads