Shinkansen
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Shinkansen (新 幹線) is 'n groot netwerk hoëspoedspoorlyne wat deur vier Japan Railways Group maatskappye in Japan bedryf word. Die netwerk, wat die modernste ontwerpe van hoëspoedtreine dra, het begin met die Tōkaidō Shinkansen (515.4 km, 320.3 myl) in 1964,[1] is deurlopend uitgebrei en bestaan tans uit 2 616 km (1 625 myl) se lyne met 'n maksimumspoed van 240-320 km/h (150-200 mpu), 283.5 km (176.2 myl) van Mini-Shinkansen lyne met 'n maksimum snelheid van 130 km/h (80 mpu), en 10.3 km (6.4 myl) se sylyne met Shinkansen dienste.[2]

Die netwerk verbind die meeste groot stede op die eilande van Honsjoe en Kyushu, met die konstruksie van 'n verbinding na die noordelike eiland Hokkaido byna voltooi. Die bynaam "bullet train" word soms in Engels gebruik vir hierdie hoëspoed treine.
Remove ads
Prestasies en statistiek
Die maksimum bedryfspoed is 320 km/h (200 mpu) (op 'n 387.5 km gedeelte van die Tōhoku Shinkansen).[3] Toetsritte het wel 443 km/h (275 mpu) behaal op 'n konvensionele spoorlyn in 1996, en 'n wêreldrekord van 603 km/h (375 mpu) vir maglev treine in April 2015.[4]
Die Tokaido Shinkansen is die wêreld se besigste hoëspoedspoorlyn. Dit vervoer 151 miljoen passasiers per jaar (Maart 2008)[5] en het meer passasiers vervoer (meer as 5 miljard, hele netwerk oor die 10 miljard)[6]as enige ander hoëspoedlyn in die wêreld. Tussen Tokio en Osaka, die twee grootste metropole in Japan, loop tot dertien treine per uur met sestien waens elk ('n 1323-sitplek kapasiteit) in beide rigtings met 'n minimum van drie minute tussen treine. Hoewel grootliks 'n langafstandvervoerstelsel, bedien die Shinkansen ook pendelaars wat vanaf afgeleë stede werk toe reis in die metropolitaanse gebiede.
Japan se Shinkansen-netwerk het die hoogste jaarlikse passasiersgetalle ('n maksimum van 353 miljoen in 2007) van enige hoëspoed-spoornetwerk tot 2011, toe China se hoëspoed-spoornetwerk dit oortref het met 370 miljoen passasiers per jaar. [7]
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
