Shtetl

From Wikipedia, the free encyclopedia

Shtetl
Remove ads

Shtetl (Jiddisj שטעטל, soms ook sjtetl,[1] uitgespreek sjtetl; meervoudsvorm שטעטלעך, shtetls; vergelyk die Duitse diminutief Städtlein, "stadjie") is 'n term wat voor die Tweede Wêreldoorlog gebruik is om na nedersettings (dikwels markdorpe) in Oos-Europa met 'n groot Joodse Jiddisjsprekende bevolkingsaandeel te verwys.[2]

Thumb
Die shtetl Pinsk, 1903
Thumb
'n Rekontruksie van 'n shtetl in die Suid-Afrikaanse Joodse Museum, Kaapstad.
Thumb
Die binnekant van een van die houtwonings in die rekonstruksie van 'n shtetl in die Joodse Museum in Kaapstad.
Remove ads

Karakter

Joodse shtetls was gewoonlik dorpe of klein stede, soms ook stadsdele, met 'n Joodse bevolking van tussen 1 000 en 20 000. Groter stede met beduidende Joodse gemeenskappe soos Lemberg (Lvov) of Czernowitz is daarenteen sjtot (שטאָט) - vergelyk Duits Stadt - genoem. In geografiese opsig was shtetlech in Oos-Pole, veral Galisië, maar ook in Oekraïne, Wit-Rusland en Litaue gekonsentreer.

Anders as in die groot stede van Oos-Europa is Joodse bewoners in die shtetls nie net geduld nie, maar ongeag die pogroms wat soms plaasgevind het, in 'n groot mate aanvaar. Hulle kon hulle hier tuis voel "soos in die heilige stad Jerusalem",[3] aangesien hierdie stadjies nie as ghetto's beskou is nie.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads