Polaris Australis

From Wikipedia, the free encyclopedia

Polaris Australis
Remove ads

Polaris Australis (ook bekend as Sigma Octantis of σ Oct) is die naaste ster aan die suidelike hemelpool wat met die blote oog sigbaar is en die naaste aan ’n poolster in die Suidelike Halfrond. Dit is ’n enkelster[9] in die sirkumpolêre sterrebeeld Oktant. Dit is sowat 281 ligjare van die Aarde af en is ’n reusester van spektraaltipe F0 III.[1] Dit is ’n Delta Scuti- veranderlike ster – sy gemiddelde skynbare magnitude van 5,47[3] verander elke 2,33 uur met sowat 0,03 magnitudes.[7]

Kitsfeite
Remove ads

Naam

"Sigma Octantis" is die ster se Bayer-naam. As die Suidelike Halfrond se poolster is dit ook bekend as "Polaris Australis", ’n naam wat in die 1700's die eerste keer gebruik is.[10] Die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) het in 2016 ’n werkgroep vir stername (WGSN) georganiseer[11] om eiename vir sterre te standaardiseer en katalogiseer. Die WGSN het die naam "Polaris Australis" op 5 September 2017 goedgekeur en dit is nou ingesluit op die IAU se goedgekeurde lys van stername.[12] Dit is die suidelikste ster met ’n eienaam.

Remove ads

Suidelike poolster

Thumb
Die suidelike hemelpool. Die trapesiumvormige asterisme in die middel sluit Sigma Octantis in.

Polaris Australis is die naaste aan ’n suidelike poolster, maar weens sy klein skynbare magnitude van 5,47 is dit op ’n donker nag net-net met die blote oog sigbaar. Dit maak die ster onbruikbaar vir navigasie, veral in vergelyking met die helder Noordster, Polaris.[13] As gevolg hiervan word die suidelike sterrebeeld die Suiderkruis meestal verkies om die posisie van die suidelike hemelpool te bepaal.[14]

Vir ’n waarnemer in die Suidelike Halfrond lyk dit of Polaris Australis byna nie beweeg nie, terwyl al die ander sterre daarom draai. Dit is meer as ’n graad weg van die ware suidelike hemelpool, wat al hoe verder daarvan wegbeweeg vanweë die Aarde se aksiale presessie.

As Polaris Australis se posisie eers bepaal is, óf met die sterre van die Oktant óf met die Suiderkruis, kan dit positief geverifieer word deur ’n asterisme: Sigma, Chi, Tau en Upsilon Octantis is almal sterre met ’n magnitude van sowat 5,6, en hulle het die kenmerkende vorm van ’n trapesium.

Remove ads

In die kultuur

Polaris Australis is die dofste ster wat op ’n nasionale vlag verteenwoordig word. Dit verskyn op die vlag van Brasilië en simboliseer die Brasiliaanse Federale Distrik.[15]

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads