Simone Veil
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Simone Veil (neé Jacob) (Nice, 13 Julie 1927 – Parys, 30 Junie 2017) was 'n Franse en Europese staatsvrou. Sy was die president van die eerste Europese Parlement wat direk verkies is en word as een van die Moeders van Europa beskou.
Haar ouers was ateïstiese Jode en haar moeder Yvonne is in die konsentrasiekamp in Belsen aan tifus oorlede. Simone en haar twee susters het oorleef, maar haar pa en broer is nooit opgespoor nie.
Ná die oorlog studeer sy regte aan Sciences Po, die Franse eliteskool vir politieke wetenskappe en ontmoet Antoine Veil, haar man, wie in April 2013 oorlede is.
Sy word die Franse minister van gesondheid en liberaliseer die abortuswetgewing in dié Katolieke land. Sy was daarvan oortuig dat Europa versoen en verenig moet word en sy word in die tyd van die Kommissie Delors die president van die Europese Parlement. Dié parlement is vir die eerste keer direk verkies, en het toe nie meer uit lede van die lidlande se parlemente bestaan nie. Dit beteken dat alles nuut is en baie nuwe prosesse en reëls uitgevind moes word. Sy het 'n uiters belangrike rol gespeel daarin en die Europese Parlement tot 'n instelling van statuur gemaak.[1]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads